Protes verhoog in Iran oor vliegtuigongeluk

Amerikaanse en Irakse soldate kon agt uur voordat die Irannese missiel hulle basis getref het, die gebied ontruim en daarmee geen lewensverliese gelei nie.

Kort nadat die Irannese weermag ’n missiel afgevuur het wat die Boeing 737 van die Oekraïne laat neerstort het met 176 mense aan boord, het duisende inwoners in Teheran met protesoptogte begin ten die regering.

Aanvanklik het die regering ontken dat die vliegtuig deur een van sy missiele neergeskiet is, maar moes later erken dat hy die skuldige is toe onweelegbar bewyse gevind is.

Die erkenning het die protesteerders woedend gelaat, en opvolg aksies is begin waarin die bedanking van die regering geëis word.

Die optrede van Iran se regering het Amerika laat besluit om streng sanksies in te stel op nywerhede in die Midde-Oosterse staat wat tans in algehele omstredenheid verval het.

Iran se president het verlede week nadat erken is dat hulle verantwoordelik is vir die ramp, gesê die missiel aanval is ’n “onvergeeflike fout” en wou paraat wees om teen die VSA se moontlike aanvalle op te tree.