Pompeo se besoek aan Oekraïne uitgestel

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het sy besoek aan die Oekraïne uitgestel tot ’n later datum weens die onluste in Irak.

Die minister het gesê hy het die besoek uitgestel om te fokus op die situasie in Irak waar protesoptogte by die Amerikaanse ambassade gewelddadig geword het.

Ondersteuners van die Irak-gesteunde paramilitêre groep wat die gewelddadige optrede by die ambassade aangehits het, is verantwoordelik vir die ligte brandskade wat aan die geboue veroorsaak is.

Dit het die VSA genoop om 750 soldate na Baghdad te stuur om die geweld te stop, maar die protesteerders het vinnig padgegee toe verneem is dat VSA troepe onderweg is na die ambassade.

Gedurende die twee dae van protes by die ambassade het militantes probeer om die ambassade gebou aan die brand te steek, maar kon slegs ’n kleiner buitegebou beskadig.