Polisie konfiskeer vervalste goedere

Voordat die polisiebeamptes kon begin om die voertuig te deursoek by ’n padblokkade in Natal, het die bestuurder uitgespring en weggehardloop om tussen die struike van ’n beboste gebied te verdwyn.

Maar sy metgesel, ’n vroulike persoon in die passasiersitplek het geen weerstand gebied nie en die polisie kon begin met hulle taak om die voertuig te deursoek want dit was duidelik dat die swaar gelaaide voertuig iets onwettigs vervoer.

Vyftien kartonne wat 60 eenhede sigarette en 900 paar skoene onder ’n vervalste naam is gevind, waarvan die totale waarde op R1,8 miljoen geraam is.

Die vrou kon die polisie nie van enige wettige dokumentasie voorsien nie, waarna sy gearresteer is en word vervolg terwyl die voertuig en inhoud gekonfiskeer is.