Perspektief: Slagoffers?

Ons het die punt bereik waar die verval van Suid-Afrika nie meer ontken kan word nie.

Die liberale dampkring het nou begin met ‘n hernieude kaping van die openbare debat, om die vervalste “slagoffer”-sindroom van die Afrikaan te laat herlewe.

(tot hede moes ons tot vervelens luister na “slagoffers van apartheid/kolonialisme”)

Dit is duidelik dat die ANC se rassisties-kommunistiese vergrype afgestem was, en bly, op mag en plunder vir die elite – die sogenaamde “struggle” was NOOIT oor vryheid of verbetering van lewensomstandighede nie.

En nou wat die waarheid ontbloot staan, word die regmatige besware van onderdrukte minderhede beantwoord met “die blanke minderheid diskrimineer steeds deur slegs op hulle eie probleme te konsentreer, en dieselfde probleme waaronder swart burgers gebuk gaan te ignoreer”.

Die implikasie is:

“Ons erken die afgelope kwart-eeu se vergrype benadeel landsburgers, maar daar is meer swart slagoffers, en dit is diskriminerend om hulle lyding te misken”

Dit is bloot dieselfde rassehaat, gemik teen blankes in die algemeen, en die Afrikaner in besonder; dit is ‘n opsetlike woordspel en leuen.

Wat is die waarheid?

Sedert 1994 is dit binne die swart meerderheid se vermoë om ingeligte, intelligente keuses by die stembus te maak – tensy die meerderheid wil toegee dat hulle nie daartoe in staat is nie?

Daarom is die noodwendige afleiding dat die meerderheid is geensins slagoffers nie!

Die stemgeregtigde meerderheid van SA is aandadig aan elke vergryp, elke misdryf, en sal moet verantwoording doen vir elke lewe verwoes, fisies of geestelik.

Daardie skuld word gedeel deur elkeen wat hom- of haarself vereenselwig met SA se oglokratiese bedeling – die rassistiese massa-tirannie wat afgestem is op wraak, verwoesting en verarming.

(“demokrasie” kan slegs binne volksverband bestaan en tot reg kom;

waar massa-oorheersing plaasvind, kan nimmer van demokrasie sprake wees nie.)

Daardie skuld word verder gedeel deur elke media-instansie, spreekbuis of organisasie wat volhou om die vals beeld van “demokrasie” of “demokratiese instellings” aan mense voor te hou.

Die noodwendige slotsom is dat daar slegs ‘n klein minderheid slagoffers in Suid-Afrika is in 2020:

Die Afrikaner, wie hierdie land opgebou het, en meermale reeds daarvoor betaal het met goed en bloed.

Die Afrikaner wie se kinders geleenthede ontneem word, terwyl diegene wie daardie geleenthede wederregtelik verkry, dit vermors.

Die Afrikaner wie se welvaart en bestaan vermoë hom ontneem word, om te dien as aas vir luiaards.

Die Afrikaner wie se waardes en kultuurgoedere lukraak vernietig word, sodat ander wie húl eie nie bewaar het nie, nie “teen gediskrimineer” word nie.

Ons is slagoffers, maar ons moet nie hierdie bitter werklikheid benader as slagoffers nie!

Ons moet terugkyk – na ontberings aan die Kaap, na die Pioniers jare en die Oosgrens, Natal en Bloedrivier, ontberings om ons Republieke te bou; ons moet terugkyk na Majuba, maar ook na Vereeniging …

Na Vereeniging het ons volk sy kop laat sak – nie net treurend vir ‘n haas ondenkbare verlies nie, MAAR ook is met geloof die hand aan die volksploeg geslaan, is gebuk onder die juk waarmee ons volk in enkele dekades ons land herbou het!

Ons volk was histories op sy sterkste in nood, solank hulle die suiwer geloof behou het.

Gaan ons opnuut antwoord op die roepstem van ons vaderland?