Perspektief: Blanke bevoorregting?

Die liberaal-humanistiese dampkring etiketteer graag hul opponente, noodwendig omdat hul standpunte gebrekkig en onverdedigbaar is;

wêreldwyd word volktrots (insiggewend meer algemeen onder die Christelik-gereformeerde Westerling) toenemend afbrekend na verwys as “blanke bevoorregting”.

Enige kritiek teen hierdie etiket word met leedvermaak as “blanke broosheid” (“white fragility”) afgemaak.

Die mantra is dat nie-blanke haat, afguns en voortspruitend gewelddadige verwoesting is sogenaamd “geregverdigde frustrasie” wat nie net geduld moet word nie, maar kritiekloos aanvaar moet word.

Na deeglike oorweging, wil ek tóg stel dat die gelowige Boere-Afrikaner ís inderdaad besonder bevoorreg:

Ons beskik oor die voorreg van ’n Christelik-gereformeerde tradisie: ons is begenadig met roepings-kennis en geloofs-stamina wat ons in staat stel om elke hindernis wat die wêreld in ons pad mag rol, die hoof te kan bied – want ons doen dit nie in eie krag nie, ons ontvang dit uit genade alleen!

Ons het die voorreg van ouers, groot-ouers en geslagte wie aan ons die voorbeeld gestel het van vlyt, arbeidsaamheid en die deug van opvoeding: opvoeding ten einde ons volk en land, tot voordeel van almal, deur produktiewe en innoverende werk te bou, om op te offer vir ander, terwyl ons ons kinders dieselfde deugde leer.

Opvoeding gebou op ons Christelike waardes bied ons die voorreg om vir onsself te kan dink, om nie bloot slagoffers te wees van kwaadwillige misleiding nie; dit bied die voorreg om van aanslae geleenthede te maak.

Ons het die voorreg van hoop, gesetel in geloof: om te volhard, nieteenstaande duistere aanslae, nieteenstaande diskriminerende haat, wat uitmond in aktiewe ondermyning van ons waardes en die afbreek van eeue se beskawende opheffingswerk.

Dit is hierdie voorregte – toeganklik vir élke persoon en volk – waarmee ons voorsate hierdie land ontworstel het aan donker Afrika, waarmee telkens nuut begin was deur die eeue, waarmee ons weer nuut kan begin.

Dus NEE, nie blanke bevoorregting nie, WEL genadige vrug op eerlike arbeid, op opregte roepings-gehoorsaamheid!

In SA is die holrug-leuen die sogenaamde “nalatenskap van apartheid” wat afwisselend verwys na nie-blanke teenspoed, of blanke voorspoed – voorspoed wat ons sogenaamd nie met ander wil deel nie.

Ons is oorbekend hiermee; ons is verder bekend met die feite, hoe die Afrikaner ander volke in Suid-Afrika help ontwikkel het, elkeen binne hul eie milieu, befonds deur ons belastinggeld.

Die geskiedenis (én nuus so onlangs as 2 Januarie!) bevestig ook waarom nie-blanke armoede voortbestaan – plundering, brandstigting en vernietiging van infrastruktuur … breek en steel eerder as bou en bewaar, gierigheid eerder as vlyt …

Die antwoord vir ons volk was en bly selfbeskikking: dáárvoor moet ons aanhou werk en aanhou opoffer.