Padsterftes bly veels te hoog

Die ANC se Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sal eers op 23 Januarie die amptelike syfers bekendmaak van padongelukke gedurende die Desember vakansietydperk.

Intussen word nog talle ongelukke daagliks aangemeld, en padsterftes styg steeds te midde van die minister se aankondiging dat streng toesig gehou word oor die verkeersvloei van vakansiegangers wat terugkeer huis toe.

Intussen is berigte ontvang van verskeie gru-ongelukke, waarvan een in Natal was toe sewe mense omgekom het in ’n taxi bussie wat in ’n botsing betrokke was.

Die ses vroue en ’n kind was deel van 22 mense in die Toyota voertuig, en ’n ondersoek is gelas na die voorval.

 Op die dag voor Kersfees het die padsterftes reeds 590 gevalle bereik, en waarnemers sê dit terugtog van haastige vakansiegangers sal die syfer nog aansienlik laat styg.