Ouers bekommerd oor toekoms

Die ouers van die 2019 matrikulante is erg bekommerd oor die toekoms wat hulle kinders nou tegemoetgaan.

In ’n onafhanklike meningsopname het 15% van die deelnemende ouers gesê hulle is tevrede met die uitkoms van hulle matrikulante, en 11% het gesê hulle is nie tevrede met die resultate nie.

Die oorblywende 64% is egter bekommerd oor hulle kinders se toekoms aangesien daar nou net twee opsies is, naamlik om werk te soek wat nie maklik gevind sal word nie, of om verder te studeer.

Studie kan gedoen word om ’n graad kursus aan ’n universiteit te volg, of selfs ’n vakleerlingskap te volg.

Met die swak ekonomie wat tans heers in die land, sal werk baie moeilik bekom word, tensy so ’n jongmens ’n eie (unieke) onderneming kan begin om ’n staanplek in die land oop te skop.