Oproep tot gebed vir Australië

Lesers van Die Vryburger het versoek dat ’n dringende oproep gedoen word tot die lesers om die Australiese bevolking op te dra aan ons Hemelse Vader.

Benewens die talle sterftes weens die maande lange bosbrande, is honderde woonhuise en ander eiendomme verwoes in die land.

Baie mense is aangewys om by familie en vriende huisvesting te soek, en die stad Sydney word nou bedreig deur die verterende vlamme.

Mag ons Heer en Skepper reën stuur na die gebied waar die meer as 100 verskillende bosbrande woed, sodat die land en sy mense gespaar word van vrees en bedreigings.