Opmerkings

Ramaphosa vs David Mabuza

Politieke kenners waarsku dat David Mabuza tans besig is om die Zuma faksie te mobiliseer om sy politieke toekoms te verseker. Mabuza is voor en sedert Ramaphosa se inhuldiging gewikkel in verskeie skaduagtige transaksies en bewerings van magsmisbruik.  Hy is ook kort-kort besig om op sy eie verklarings uit te reik rondom nasionalisering van entiteite soos die Reserwe bank.  Half-pad deur sy eerste termyn as president sal Ramaphosa bedag moet wees daarop dat Mabuza skuiwe gaan maak op hom uiteindelik te onttroon.

Staatsbegrafnisse kos staat miljoene

Drie staatsbegrafnisse, oa. die van Winnie Mandela,  het die belastingbetaler meer as R76 miljoen gekos. R7 miljoen alleen is betaal aan verskaffers vir stoele en kussings terwyl R695,000 spandeer is op orkes toerusting.   Met die onlangse toename in sterftes van ANC veterane kan die misbruik van staatsgeld nog verder eskaleer.