Oostenryk form koalisie regering

Die konserwatiewe Volksparty in Oostenryk het ’n koalisie ooreenkoms aangegaan met die linkse Groenparty wat nou die amptelike regering van die land sal vorm.

Die media in Oostenryk het die aankondiging beskryf as ’n nuwe vorm van “eksperiment” regering, aangesien die konserwatiewes en linkse Groenparty nog altyd direk teenoor mekaar gestaan het in die parlement.

Kanselier Sebastian Kurz is egter oortuig dat sy Volksparty se ooreenkoms met die Groenes ’n sterk regering kan vorm.

Dit sal die eerste keer wees dat die Groenes deel vorm van Oostenryk se regering, en die koalisie is ’n groot verandering teenoor Kanselier Kurz se vorige koalisie wat aangegaan is met die nasionalistiese party waarvan die leier later geskors is weens korrupsie.

Die Groenes sal die portefeulje van Omgewingsake, Verkeer, Tegnologie en Energie behartig.

Kanselier Kurz het die ooreenkoms as ’n uitstekende samestelling bestempel tydens sy aankondiging van die ooreenkoms.