Oorlog bars uit in Melville

’n klein oorlog het losgebars in die spog deel Melville, Johannesburg, wat die polisie op ’n jagtog gesit het om die roekelose skieters op te spoor.

Die polisie het glo hulle soektog meer intensief begin maak op soek na die verdagtes wat verantwoordelik was vir die skietery op Nuwejaarsdag terwyl die mense van die gebied in ’n feestelike stemming verkeer het.

Onbevestigde berigte lui dat die skietery in ’n spog restaurant begin het en toe buite beheer geraak het in die straat toe iemand met ’n Duitse motor begin het om op die mense los te brand waarna die voertuig teen ’n hoe spoed weggejaag het.

Minstens twee vroue is doodgeskiet, en ’n onbekende aantal is gewond gevind wat inderhaas na hospitale geneem moes word.

Ooggetuies is gevra om na vore te kom om behulpsaam te wees met inligting wat die skieters se arrestasie moontlik kan maak.