Omstrede OB se dae getel?

Busisiwe Mkhwebane

Dit lyk of die omstrede Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se dae getel is indien gelet word op die reaksie van sekere parlementslede nadat die aangeleentheid oor haar geskiktheid as OB ter tafel geneem is.

Die nasionale Vergadering se speaker, Thandi Modise, het goedgekeur dat die parlement die prosedures volg wat kan lei tot die OB se afdanking.

Busisiwe Mkhwebane is waarskynlik die belangrikste rede waarom die parlement in 2019 reëls bepaal het waarvolgens gehandel moet word wanneer die OB uit die pos verwyder kan word.

Die proses is glo nou aan die gang, en die verwagting is dat opposisiepartye, uitgesluit die Rooi brigade, sterk sal eis dat sy uit haar pos verwyder word, veral in die lig van die talle hofsake wat sy verloor het weens foutiewe inligting wat in ondersoek verslae opgeteken is.