Nuwe en swaar sanksies tref Iran

Mimister Pompeo

Washington het die naweek aangekondig dat nuwe, en veel swaarder sanksies, teen Iran ingestel word teen maatskappye wat betrokke is by die konstruksies en vervaardiging sektore.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, sê dit is waarskynlik Iran wat die Boeing 737 van die Oekraïne Lugredery met ’n missiel afgeskiet het.

Die Boeing met sy 176 mense aan boord is afgeskiet toe dit oor Iran gevlieg en dadelik neergestort het.

Die nuwe sanksies is ook deur die Amerikaanse Minister van Finansies bevestig wat gesê het die groot en belangrikste nywerhede en vervaardigers in Iran sal geraak word.

Die Amerikaanse aanval op die omstrede elite Generaal Qassem Soleimani van Iran, wat gedood is saam met ’n adviseur van Irak, het gelei tot ernstige konflik tussen die twee lande.

Soleimani was die bevelvoerder van Iran se elite Quds Mag wat na bewering verantwoordelik is vir die dood van honderde onskuldige mense.