Nuusflitse

Kragonderbrekings se koste

Eskom se kragonderbrekings het die land meer as R120 miljard gekos en beurtkrag gaan die land nog ‘n verdere twee jaar teister.  Dit is volgens die WNNR se jongste ondersoek.  Volgens die WNNR is Eskom se onvermoë om krag te lewer, Cyril Ramaphosa se grootste uitdaging as hy beleggings vertroue wil herstel in die land.

Telkom in gesprek met unies

Die tele- kommunikasie maatskappy Telkom sit tans met ‘n skuldlas van meer as R11 miljard en is in gesprek met vakverbonde rondom die aflegging van meer as 3,000 werknemers.  Volgens Telkom het die swak ekonomiese omgewing en die vinnige veranderinge in tegnologie die gevolg dat Telkom se inkomste en gepaardgaande winste drasties gedaal het.