Nuusflitse

Ver linkse DA soek een geslag toilette

Die leier van die DA in die Wes-Kaap, Bonginkosi, het voorgestel dat die toilette by die Kaapse Lughawe nie meer vir geslagte gereseveer moet word nie. Daar moet volgens hom toilette wees wat deur enige persoon ongeag sy of haar geslag gebruik kan word.  Huidige beleid van geskeide toilette kom neer op diskriminasie aldus die leier.

Gerrit Maritz Hoërskool geteiken

Ouers in die omgewing van Gerrit Maritz Hoërskool in Pretoria-Noord dring daarop aan dat hul kinders (swart) geplaas moet word in die Afrikaans medium skool.  Dit volg na ouers by Akasia Hoërskool byna amok gemaak het rondom kinders wat nie daar geplaas is nie.

SAL kanselleer nog vlugte

Meer as 38 vlugte is deur SAL gekanselleer in ʼn poging om geld te spaar . Dit sluit tien internasionale vlugte en agt-en-twintig binnelandse vlugte in.  Die verklaring is dat dit nou buite seisoen periode is en vlugte nie betalend is nie .

Eskom se ketting is af

Die nuwe hoof van Eskom, Andre de Ruyter, het die entiteit beskryf as ʼn fiets wat se ketting afgeval het en die fietsryer hardloop langs die fiets aangesien hy nie tyd het om die ketting terug te plaas nie.  Volgens hom moet Eskom die pas verslap, die ketting terug sit sodat hul weer in die saal kan kom en begin trap!  Daar sal teen die einde van die maand ‘n plan bekend gemaak word rondom onderhouds skedules en hoe aanvraag van elektrisiteit hanteer gaan word.,