Nuusflitse

SAL verkoop vliegtuie

Die SAL het aangekondig dat hy nege van sy Airbus vliegtuie op tender uitgesit het vir moontlike kopers.  Hy het ook 15 spaar motore van die A340-300 en A340-600 uitgesit op tender.  SAL soek nog steeds die R2 miljard van die regering wat verlede maand beloof is.

Ramaphosa bang om Dakar te besoek?

Politieke ontleders bevraagteken Ramaphosa se besluit om nie die Wêreld Ekonomiese Forum in Dakar se konferensie by te woon nie.  Hy het Tito Mboweni opdrag gegee om die afvaardiging te lei.   Eerskomende Maandag kom die ringkoppe van die ANC bymekaar om die Eskom krisis te hanteer asook oproepe dat Pravin Gordhan afgedank moet word.  Hy vertrou Davod Mabuza nie en sy presidentskap is glad nie veilig nie.

Rentekoerse daal

Die Reserwe bank het die uitleen rentekoers aan banke met 0,25% gesny.  Prima uitleenkoers staan nou op 9,75%. In ʼn verklaring het die Reserwe Bank ʼn donker prentjie geskets van die land se sukkelende ekonomie. Krag voorsiening benadeel die ekonomie terwyl sakevertrou steeds kwyn.