Nuusflitse

 Malema dreig om sirkus te ontwrig

Die heethoof, Julius Malema, het Ramaphosa gedreig dat sy party die verrigtinge tydens die president se staatsrede sal ontwrig indien hy nie ontslae raak van Pravin Gordhan nie.  Die EFF was die afgelope jare telkens betrokke by optredes in die parlement soveel so dat ʼn spesiale eenheid op die been gebring is om oproerige parlementariërs uit te gooi uit die parlement.

Carl Niehaus treur

Die verloopte Carl Niehaus het ʼn baie slegte naweek agter die rug na die ANC se verjaarsdag vieringe in die Noord-Kaap.   Volgens hom het die ANC sy morele kompas verloor en hy treur oor die swak bywoning van die ANC se vieringe in Kimberley en hy sê die ANC word letterlik as prostitute gebruik.

Miljoene nodig om skole te herstel

Ses skole in die Noord-Kaap en een elk in Gauteng en Limpopo is tydens die Desember vakansie of erg beskadig of afgebrand.  Natal benodig R408 miljoen om storm skade aan skole te herstel  terwyl die Noord-Kaap R500,000 begroot vir die herstel van skole.