Nuusflitse

Pad Ongelukke Fonds se finansiële chaos

Duisende pad ongelukke fonds slagoffers wag vir hul gelde nadat die Gauteng Hoë Hof ‘n beslissing gemaak het ten gunste van die slagoffers. Die Fonds se uitstaande skuld beloop tans R 17 biljoen en ontvang tans R 3,5 biljoen per maand , hoofsaaklik uit die heffings op brandstof .  Dit beteken R 46 miljoen per jaar – kenners vra hoe die geld  aangewend word as daar nie uitbetalings gedoen word nie.

Anargie en verwoesting duur voort

Vier-en-twintig trein waens is totaal vernietig in Bloemfontein,  die skade gerokken beloop meer as R 4 miljoen.  Die oorsaak van die brand is nie bekend gemaak nie maar ‘n saak van brandstigting is aanhangig gemaak.