Nuusflitse

Eskom “mislei” Ramaphosa

Na Ramaphosa met groot bravade in Desember aangekondig het dtr daar geen krag onderbrekings sal wees voor 17 Januarie 2020 nie,  skamel die ANC nou rond om verskonings te soek.  Evkom base oa. Pravin Gordan, kry nou die skuld deurdat hul die grootbaas mislei het rondom die ware toedrag van sake.

Sakevertroue die slegste sedert sanksie dae

Die ruwe Suid Afrika was in 2019 slegter af as in 1985 toe die wêreld sanksies teen die land ingestel het . Sake kenners skryf dit toe weens die wantroue in die sake sektor wat ‘n direkte uitvloeisel is van die politieke onsekerheid en rigtinglose bestuur van die ANC.  Voortdurende krag onderbrekings veroorsaak dat plaaslike verskaffers nie volhoudend kan produseer nie wat ‘n tekort veroorsaak aan sekere kommoditeite. Uitvoere word geraak wat ʼn negatiewe invloed het op die land se betalings balans.

Karoo dorpe kry verligting

Die droogte geteisterde dorpe in die Karoo het vir die eerste keer in jare reën gekry.  Dorpe soos Graaf-Reinet, Aberdeen en Beaufort-Wes   het goeie neerslae gehad maar opvolg reëns sal nodig wees om die gebiede weer na normaal te laat terugkeer.

SA Weermag vliegtuig in nood landing

‘n Vliegtuig van die SA Weermag moes ‘n noodlanding doen by Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo.  Die vliegtuig is deel van die VN se Vredesmag missie in die DRK.  Niemand is beseer nie en die skade aan die C130 tuig sal later bepaal word.