Nuusflitse

Ekstra dag van niksdoen

Die sukkelende ekonomie van die land gaan in 2020 ‘n ekstra werksdag verloor. Die sogenaamde nasionale Vrouedag val op 9 Augustus 2020, en so word 10 Augustus ‘n vakansie dag.  Dit bring die totaal van vakansiedae vir 2020 op 13 dae te staan.

Vier voertuie uitgebrand

Vier munisipale voertuie van die Ndwedwe Munisipaliteit in Natal is in ʼn brand beskadig, waarvan twee totaal vernietig is en die ander twee gedeeltelik beskadig is.