Noord-Korea ontwikkel nuwe wapen

Kim Jong Un, die leier in Noord-Korea, het in ’n verklaring gesê die wêreld sal getuig van ’n nuwe strategiese wapen” wat in sy land ontwikkel word.

Die kommunis het bygevoeg dat Pyongyang nie langer sal bly by sy beloftes van vroeër nie, en voortgaan met wapen ontwikkeling.

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un het ook aangekondig dat die kernwapen program nie langer uitgestel word nie, en interkontinentale ballistiese missiele se toetse gaan voort.

Hy sê daarmee sal voortgegaan word, tensy die VSA sy beleid teenoor Noord-Korea verander, en daar bestaan geen rede waarom die skiereiland enigsins langer moet wag met sy program nie.

Die Amerikaanse regering het nie gereageer op die uitlatings van Kim nie, wat waarnemers laat dink dit is ’n teken dat die VSA hom nie laat afskrik deur die kommunistiese land nie.

Die VSA het ook nie gereageer op Kim se voorwaarde dat gesprekke hervat sal word as die VSA reageer voor ’n sperdatum van 28 Desember nie.