Nog ‘n dag, nog ‘n skool brand

Suid-Afrika is twee dae in 2020 en die eerste skool brand.   Die Tokelo High School in die Vaaldriehoek het vier klaskamers verloor weens brandstigting.  Panyaza Lesufi, die LUK van Onderwys in Gauteng, is teleurgesteld oor die R4 miljoen skade wat aangerig is. 

Dit is heel gou vasgestel dat brandstigters verantwoordelik is vir die skade, maar die motief is onbekend.

Dit is die soveelste skool waar swartes skoolgaan wat gedeeltelik of in sy geheel vernietig is deur brandstigters.  Skade wat die afgelope dekade aan skoolgeboue aangerig is, beloop miljoene Rand. 

Waarnemers vra waarom net swart skole afgebrand word, omdat dit die indruk skep dat dit gedoen word om in die tradisioneel blanke skole hul opleiding te kry.