Nog ʼn ambassadeur teruggeroep

Die Suid Afrikaanse ambassadeur in Italië, Shirish Soni, is teruggeroep nadat hy skuldig bevind is aan finansiële onreëlmatighede en wanvoorstelling van akademiese kwalifikasies.  

Hy word verder beskuldig van seksuele teistering en is geskors nadat hy  op drie aanklagte skuldig bevind is.  Dit lyk of hy nie matriek in 1975 behaal het nie. 

Wat vreemd is,  is dat Soni in 2004 geskors is by SA Inkomstediens (SAID) weens ‘n huur skandaal, maar later weer in diens geneem is tot in 2011 toe hy SAID verlaat het onder ʼn wolk van beskuldigings. 

In 2017 is hy terug geroep uit Qatar weens misbruik van personeel wat weereens die vraag na vore bring van politieke ontleders hoe so ʼn persoon aangestel word in  ʼn posisie waar die land verteenwoordig moet word.