Nog ’n 14-jarige word ma

Op Kersdag het ’n 14 jarige in Kaapstad geboorte geskenk aan ’n baba, en nou het ’n 14 jarige ook in Natal ’n ma geword.

Sy is een van die 96 wat op Nuwejaarsdag geboorte geskenk het in Natal, en hospitaal personeel sê dit is een van die 34 babaseuns wat in Ladysmith se hospitaal gebore is.

Intussen is ook berig dat dit die jongste ma is wat in die betrokke hospitaal geboorte gegee het, in die Ladysmith Hospitaal.

Ministers van die Natalse ANC regering het verskeie hospitale besoek op Nuwejaarsdag.

Volkekundiges wys daarop dat dit geen ongewone verskynsel is dat 12 tot 15 jarige swart kinders geboorte gee aan ’n eersteling nie, en sê die gebruik is so oud soos wat Afrika is, aangesien kinder troues ook nie ’n ongewone verskynsel in Afrika is nie.

Miljoene Rand word maandeliks deur die Departement van Welsyn en Pensioene uitbetaal aan minderjariges wat doelbewus ourskap verkry het om te kwalifiseer vir staatshulp.