Niks sal verander

Die jaar 2019 het verbygegaan en dit het meer as sy kwota slegte dinge gelewer, en nou staan ons binne in 2020 waar baie vol verwagtinge is van goeie dinge wat sal gebeur.

Dit is egter ’n vae hoop, want niks gaan regtig verander nie, en die aanstellings van ’n paar kundige mense as hoofde, soos by Eskom, Denel, en andere gaan net ’n paar swaeltjies wees wat nie die finansiële somer sal bring nie.

Suid-Afrika verkeer in ’n finansiële gemors, en dit is nie net die klompie staats entiteite wat vrot van die skuld is nie, maar ook die munisipaliteite, en die land se skulde is rommel status vlakke, wat baie, baie jar van goeie bestuur sal verg om weer reggestel te kry.

En dit sit nie in hierdie huidige spul se vermoë nie.

Veel eerder gaan die land verder agteruit boer, met diewe, moordenaars, korruptes en onbekwame en lui  werkers wat net meer geld eis, sterk op die voorpunt.

So, hou op om iets te wens wat nie gaan gebeur nie – tensy die Heer op wonderbaarlike wyse ingryp – maar ook dit is onwaarskynlik, want ons kry wat ons verdien, want SA het mos vir FW “Ja” gestem.

Andries Lategan