Moet nie vir Gordhan afdank nie

Die Ahmed Kathrada Stigting het ’n ernstige beroep op die regering en op Cyril Ramaphosa gedoen om nie oorweging te geen aan die moontlikheid om Pravin Gordhan af te dank nie.

Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, is direk gemoeid by die Eskom gemors en lewer glo ’n bydrae om die entiteit van ondergang te red.

Die Stigting sê as Ramaphosa toegee aan die druk om Gordhan die trekpas te gee, sal hy ingee op die eise van diegene wat nie Staatskaping wil beëindig nie, en wil ook nie sien dat die kragvoorsiener en die land se ekonomie hervorm word nie.

Talle ANC lede uit die topstruktuur wil sien dat Gordhan afgedank word, maar die Stigting het nou ’n ernstige beroep op die ANC president gedoen om nie toe te gee aan die eise nie, en moet dit eerder ignoreer want die opponente is ’n ’n veglustige gemoed.