Minister se somme klop nie

Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Thoko Didiza, sê sy wil sien dat heinings opgerig word tussen die gebiede wat beskerm word, en die bek-en-klouseer gebiede.

Landbouers sê dit mag wel klink na ’n goeie plan, maar die uitvoerbaarheid daarvan word betwyfel.

Eerstens moet in aanmerking geneem word dat vroeëre heinings deur sekere mense afgebreek is om gebruik te word met die oprigting van plakkershuise.

Daar is dus geen sin in om weer ’n heining op te rig nie, maar wat meer belangrik is, is dat die ANC regering nie oor die fondse beskik om ander meer noodsaaklike dienste reg te ruk soos hospitale en skole nie.

Die minister moet eers haar huiswerk doen, en diegene wat nie hulle diere kan of wil beskerm in die bek-en-klouseer gebiede nie, moet eerder beboet word wanneer ’n opvolg van voorvalle plaasvind.