Militêre deskundiges bevraagteken Russe

VSA missiel toets

Militêre deskundiges in Europa en die VSA het hulle bedenkinge uitgespreek oor die nuwe hipersoniese missiel wat deur die Russe ontwikkel is.

Volgens die aankondigings wat president Vladimir Poetin van Rusland gemaak het, is die nuwe ontwikkelde missiel se spoed so hoog dat dit enige vyandelike teiken sal bereik aangesien niks daartoe in staat is om dit af te weer nie.

Alhoewel die aankondiging opslae veroorsaak het, is militêre deskundiges nie so goedgelowig om die stelling te glo nie, en sê daar is natuurlike beperkinge wat nie geïgnoreer of oortref kan word nie.

Intussen het die VSA sonder om ’n bohaai op te skop, nuwe missiele getoets, wat volgens kenners, die mees suksesvolle toetse is wat die afgelope dekade op militêr gebied uitgevoer is.