Meer as ‘n halfmiljoen studente vra geldelike hulp

Sowat 543,268 studente het vir die eerste keer aansoek gedoen vir geldelike bystand by NSFAS (National Student Financial Aid Scheme) vir die jaar 2020. 

Volgens bronne het die Departemente van Binnelandse Sake en Sosiale Ontwikkeling al die studente se status en persoonlike besonderhede nagegaan na sluitings datum 30 November 2019. Hoe die twee departemente dit reggekry het is duister.  Meer as 350 000 studente het finansiële hulp in 2019 ontvang.  Uitstaande skuld beloop tans tussen R 10 000 en R 150 000 volgens NSFAS se web tuiste.   Teen ‘n gemiddelde  skuld van R 20 000 per student, skuld 2019 se eerste jaars studente die staat R7 miljard.  Hierdie is weereens ʼn bodemlose put waar geld bykans nooit verhaal gaan word nie.