Mboweni se een-staat droom

Dit wil lyk asof Tito Mboweni die spoor heeltemal byster geraak het. Hy het op sosiale media ʼn  verklaring uitgereik waarin hy sê dat Lesotho sy grense moet oopstel om ’n  federale staat te vorm met Suid Afrika.

Dit volg na die politieke krisis in Lesotho.  Die land se eerste “dame” is tans op vlug nadat daar ʼn arrestasie bevel teen haar uitgereik is weens die moord op die eerste minister se tweede vrou. Die Europese Unie , die Verenigde Nasies asook die SA Ontwikkelings Gemeenskap sukkel al 10 jaar om die situasie in die buurland te stabiliseer. 

Duisende Basoeto migrante en vlugtelinge leef reeds in Suid Afrika.  Met ʼn land soos Suid-Afrika wat sukkel om sy eie sake in orde te kry, is dit futiel om nog ʼn land, wat deur onmin en wanbestuur geteister word,  as federale staat by te bring.  

Veediefstal uit Lesotho ruk reeds hande uit in Suid-Afrika soos wat diewe uit die Bergkoninkryk hulle “tekorte” aan voedsel aanvul.