Luislang geniet boerbok maaltyd

’n Deskundige op die gebied van die luislang se hulp is ingeroep nadat die 4,6 meter lange slang naby ’n swart woonbuurt by Ladysmith gevind is.

Die slang het reeds sy kos vir die maand ingekry en net die agterpote was nog sigbaar toe die deskundige, Fanie Cilliers, by die geval aangekom het.

Hy het daarop gewys dat die bok nog vir menslike gebruik geskik was indien dit uit die slang verwyder kon word sonder om die reptiel te beseer.

Die inwoners het egter duidelik te kenne gegee dat dit teen hulle geloofswaardes sou wees om die bok se vleis te eet.

Cilliers se hy het reeds meer as 200 Suid Afrikaanse luislange verwyder om na ’n ander omgewing weggeneem te word, maar vind dit ook vreemd dat die luislang hom daar bevind het.

Verskeie gevalle is bekend waar ’n luislang toegeslaan het op mense, en enkele gevalle is aangemeld van kinders wat deur ’n luislang verorber is.