Lesers, neem kennis!

Die redaksie van Die Vryburger wil lesers daarop wys dat die ongereelde plasing van nuus hoofsaaklik toegeskryf word aan Eskom se swak dienslewering.

Die kragonderbrekings met beurtkrag veroorsaak ook dat daar onderbrekings kom met ons internet diensverskaffer wat self ook gebuk gaan onder die onderbrekings.

Indien berigte laat, of soms glad nie op ’n gegewe dag van die week verskyn nie, kan u aanvaar dat Eskom die skurk in die verhaal is.

Ons maak nietemin verskoning vir enige ongerief en glo dat u saam met ons uiters gefrustreerd is met die toedrag van sake.