Kommer oor VSA-Iran konflik

Pres. Donald Trump

Die Shi’ite Moslem in Irak het hom nou ook by sy buurland Iran geskaar en die VSA se optrede om die top offisier te dood, ten sterkste te veroordeel.

Die Moslem hoof het egter die konflik tussen Amerika en Iran ook veroordeel en gesê ’n konflik situasie tussen die twee lande raak ook die inwoners van Irak.

Grand Ayatollah Ali al-Sistani sê dat aanvalle vanaf beide kante op mekaar, wat in Irak afspeel, is onaanvaarbaar en verhoog die risiko dat Irak by die oorlog betrek kan word.

Hy sê so ’n situasie beteken dat die hele Midde-Ooste uiteindelik by die konflik betrek sal word en die huidige konflik tussen die twee lande wat in Irak plaasgevind het die afgelope weke, is ’n aantasting van die soewereiniteit van sy land.

Die Eerste Minister van Irak, Adel Abdul Mahdi, het Washington versoek om na vore te kom met ’n plan oor hoe VSA troepe uit Irak onttrek gaan word.

Gedurende die afgelope naweek het die VSA in reaksie daarop gesê daar bestaan geen moontlikheid dat hy sy troepe uit Irak sal onttrek nie.