Kommer oor SA se vreemde longontsteking

Die vreemde longontsteking wat bekend staan as ’n bakteriese toestand (Klebsiella) wat vroeër die dood van 10 babas  in die Tembisa Hospitaal veroorsaak het, kan moontlik weer na vie oppervlakte kom.

Bewerings het daarop gedui dat die bakteriese toestand wat weens onhigiëniese omstandighede ontstaan, nou weer in Gauteng hospitale gevind is, en kan weer lei tot sterfgevalle.

Die uitbreek van die dodelike siektetoestand is wel deur die regering en ander instansies verwerp en gesê alles is onder beheer, maar ingeligte bronne het daarop gewys dat die toestand in sekere hospitale baie gunstig is vir ’n herhaling van die vorige gebeure.

Kommer is uitgespreek oor die oorbevolkte hospitale, en die onhigiëniese toestande wat heers, en wat bewys het dat dit bevorderlik is vir die toestand.