Katalonies separatiste in Spaanse regering

Kataloniese separatiste se politieke party het ’n ooreenkoms aangegaan met die minderheidsregering van die Spaanse Sosialiste om deel te vorm van ’n nuwe koalisie regering.

Die separatiste van Katalonië is reeds vir jare in ’n stryd gewikkel om onafhanklik van Spanje te word, en na ’n referendum is talle leiers van die separatiste gearresteer en sit in die tronk.

Die ooreenkoms het egter ’n ander vereiste wat deur die separatiste gestel is, en dit is dat onderhandelings met die Sosialiste se leier en huidige premier, Pedro Sanchez, gevoer sal word oor die toekoms van Katalonië.

Spanje sukkel reeds meer as twee jaar om ’n koalisie regering saam te stel en moes gedurende die tyd tevrede wees met ’n minderheidsregering.

Die hof het intussen bevind dat een van die verkose lede vir die Europese Parlement, en wat ’n separatiste leier is, uit die gevangenis vrygelaat moet word omdat hy parlementêre immuniteit geniet.