Kataloniërs fnuik Spaanse Howe

Carles Puigdemont en Antoni Comin

Twee van die separatiste leiers uit Katalonië, Carles Puigdemont en Antoni Comin, is ingehuldig as lede van die Europese Parlement, en het daarmee die howe in Spanje gefnuik.

Die twee leiers wat ’n prominente rol vervul het in die referendum en onafhanklikheidsverklaring wat Katalonië sou afskei van Spanje, sou in hegtenis geneem en tronkstraf opgelê word, maar het uitgewyk na Belgie waar hulle verkies is tot die Europese Parlement.

Carles Puigdemont, die voormalige president-minister van Katalonië, sê hulle is ondermeer in die Europese Parlement om aan Europa dit tuis te bring dat die strewe om onafhanklikheid van die meerderheid Kataloniërs nie ’n interne aangeleentheid van Spanje is nie, maar ’n saak van die Europese Parlement.