Is bestekopname nodig?

Die uiters haglike toestand waarin Suid-Afrika hom bevind, het die vraag laat ontstaan of dit nog nie tyd geword het om ’n bestekopname te maak van alles wat in 25 jaar vernietig is nie.

’n Politieke ontleder wys daarop dat die eerste rooi lig aangegaan het toe munisipaliteite regoor die land, wat almal ’n neseier gehad het wat oor jare opgebou is, skielik in die rooi by bankiers geraak het.

Vandag is daar waarskynlik nie een munisipaliteit wat of totaal bankrot is, of op die randjie van bankrotskap huiwer nie.

Die skuldlas van miljarde rand in munisipale strukture is een van die sekerste maniere dat Suid-Afrika binne afsienbare tyd net soos Zimbabwe gaan lyk – teerstrate word stofpaaie, ligte brand soms, en sakeondernemings sluit hulle deure, die een gouer as die ander…..

Die regering is in dieselfde posisie – die jongste skok is dat die regering nie daarin slaag om R2 miljard te bekom sodat die bankrot SAL sy vlugte kan hervat nie.

SAL is bankrot, Eskom se R450 miljard skuldlas maak hom bankrot, Denel huiwer op die afgrond, Prasa spoordiens, die Landbank is die jongste toevoeging tot die galery van bankrotskappe, en so is elke staatsdepartement se swak funksionering gelykstaande aan die ondoeltreffende weermag en polisie, terwyl hospitale in hole verander het waat siektes opgetel word in plaas van oms gesond gedokter te word.

Natuurlik is daar nog ’n lang ry wat by die lys gevoeg kan word, maar daarvoor is meer tyd en meer skryfwerk nodig.