Iran sing nuwe deuntjie

Kort nadat die VSA aangekondig het dat hy nog swaarder sanksies instel teen nywerhede in Iran, het die Eerste Minister van die land erken dat die Boeing van die Oekraïne “per ongeluk” afgeskiet is.

Die Eerste Minister het daarmee Iran se verantwoordelikheid aanvaar vir die dood van 176 mense aan boord, waarvan 57 passasiers afkomstig is uit Kanada.

President Hassan Rouhani van Iran het sy meegevoel betuig met die families van die passasiers, maar die vermoede bestaan dat miljoene dollar se eis teen die omstrede regering ingestel gaan word.

Politieke ontleders sê dit is merkwaardig dat Iran so gou nadat die VSA strenger sanksies aangekondig het, die erkenning gemaak het.

Die VSA het verswarende sanksies teen Iran ingestel nadat bevind is dat ’n missiel wat uit Iran gelanseer is, verantwoordelik is vir die ongeluk.

Die aankondiging dat talle rederye aangekondig het dat hulle alle vlugte na Teheran opskort, het waarskynlik ook ’n bydrae gelewer dat die regering hulle erkenning aangekondig het.