Iran sal gepaste vergelding toepas

Iran sal gepaste teenmaatreëls as vergelding toepas vir die dood van Majoor-Generaal Qassem Soleimani wat die top bevelvoerder in die elite Quds Mag

was.

Dit was die raksie van die Minister van Verdediging in Iran, Amir Hatami, nadat dit bekend geword het dat die offisier in ’n lugaanval deur die VSA gedood is  by die Baghdad lughawe.

’n Behoorlike weerwraak aanval sal uitgevoer word op die dood van  Soleimani, en sal wraak neem op al diegene wat betrokke en verantwoordelik is vir die dood van die offisier.

Intussen het kenners daarop gewys dat die destydse aanval wat op die Amerikaanse Wêreld Handelsentrum uitgevoer is, deur die Iran regering geïnisieer is.

Dit het die dood van honderde Amerikaners veroorsaak toe twee vliegtuie kort na mekaar in die reuse gebou vasgevlieg het.