Irak woedend oor VSA lugaanvalle

Duisende mense van Irak het uit protes opgeruk en hulle besware geopper voor die ambassade van Amerika wat lugaanvalle uitgevoer het.

Protesterendes tesame met militêre vegters het saamgedrom voor die hoof ingang van die Amerikaanse ambassade in Baghdad, die hoofstad van Irak.

Die Amerikaanse vegvliegtuie het ’n lugaanval uitgevoer teen die Kataib Hezbollah militariste in reaksie teen die dood van ’n Amerikaanse burger wat gekontrakteer is en deur ’n missiel aanval binne ’n militêre basis getref is.

Optogte in Baghdad met slagspreuke soos “Amerika, nee, nee Trump” was die afgelope dae na die VSA se aanval, oral te siene gewees.

Spanning tussen die VSA en Irak is verder verhoog nadat Iran die buurland belowe het van bystand teen die VSA indien dit nodig sou wees.