Indonesië oorweeg wolk bespuiting

Die owerheid van Indonesië het oorweeg om te voorkom dat nog meer reën die vloed geteisterde landstreek verder oorspoel, ’n wolke bespuiting toe te pas wat die reën sal laat bedaar.

Swaar reën oor etlike weke  het Indonesië in groot riviere omskep en die vloedwaters het duisende mense se huise en eiendom vernietig.

Dit is die meeste reën wat nog ooit in die land aangeteken is, en grondverskuiwings het oral voorgekom na die swaar reën aanhoudend neergegiet het.

Die dodetal het glo reeds die 50 merk verbygegaan, en sowat dertig mense het in een nag omgekom in die vloedwaters.

Onbevestigde berigte lui dat daar in en om Jakarta, reeds meer as 30 miljoen mense ontwrig is en weerkundiges sê dit is die swaarste reënneerslae sedert  die jaar1866.

’n Weer agentskap sê dit is deel van die klimaatsverandering wat tans wêreldwyd ondervind word, en twee ligte vliegtuie het opgestryg om die wolke te bespuit sodat dit opbreek en geleidelik verdwyn.