Indië hervat ruimtenavorsing program

Indië het goedkeuring gegee om ’n derde lansering van ’n ruimte missiel uit te voer nadat die vorige poging misluk het om suksesvol op die maan te land.

Die Indiese wetenskaplikes se doel is om die eerste landing uit te voer op die donker kant van die maan, en wil hierdie keer seker maak dat alles goed verloop.

Die lansering sal ook besonder ambisieuse wees omdat dit die eerste ruimtevaartuig sal wees wat ’n “lae-koste ruimte krag” sal gebruik om die tog af te lê na die donker kant van die maan.

Die Indiese Ruimtevaart Organisasie se voorsitter,  K. Sivan, het ook daarop gewys dat die ruimtevaart poging ook ander besonderse eienskappe het wat dit vir wetenskaplikes moontlik sal maak om meet te wete te kom oor die maan en sy samestelling.

In September verlede jaar het Indië se tweede poging na die maan misluk, en die Chandrayaan-2 sending word nou vervang met die lae-koste sending met Chandrayaan-3.