Honderde stroom in van Zimbabwe

Limpopo in vloed

Honderde onwettige immigrante stroom na Suid-Afrika, en die stukkende grensheinings by die Limpopo rivier maak dit soveel makliker om die grens oor te steek.

Waarnemers het vasgestel dat 16 onwettige immigrante deurgekom het naby Musina en ’n verdere 54 was dieselfde dag geïdentifiseer as “nuwe aankomelinge” uit die noordelike buurland.

Talle word wel sonder dokumente gevind en gearresteer, maar veel meer bereik die grens ongehinderd en begin later werk op plase en sakeondernemings teen veel minder as wat die wet op minimum loon bepaal.

’n Zimbabwe nuusblad berig dat daar gedurende Desember 3,968 onwettige immigrante by Beitbrug die immigrasie wette verontagsaam het.

Kenners wys daarop dat dit nie diegene insluit wat op onwettige wyse die droë Limpoporivier oorsteek na Suid-Afrika nie.

Sedert die begin van Desember tot op Oujaarsdag is meer as 200 kinders geïdentifiseer wat op eie houtjie die grens oorgegaan het na Suid-Afrika.