Gwede Mantashe se Necsa raad

Dave Nicholls

Gwede Mantashe het kort nadat hy Dave Nicholls aangestel het as hoof van Necsa, ook die nuwe raadslede bekend gemaak.

Mantashe het geen ander keuse gehad as om ’n ervare man soos Dave Nicholls aan te stel wat oor jare uitstekende werk in Necsa gelewer het nie.

Die entiteit het die afgelope tyd ernstige krisisse ondervind, wat minstens ses raadslede laat besluit het om hulle bedankings in te handig weens konflik met die minister wat hulle werk ignoreer het.

Die nuwe raad wat pas aangewys is, dal diens doen vir die volgende termyn van drie jaar en sluit ondermeer die lede, Senamile Masango, Joseph Shayi, Aadilah Chowan, Gregory Jerome Davids, Mashukudu James Maboa en Namane Magau in.

Kenners wys daarop dat die name nie juis bekende persone in die bedryf is nie, en of hulle oor die nodige vaardighede beskik om Dave Nicholls se hand te sterk, word bevraagteken.

Nicholls is drie jaar gelede afgesit “weens ekonomiese redes”, maar ingeligte bronne reken die “swart bevoordeling” het toe ’n rol gespeel, wat nou op die regering geboemerang het.