Ethiopië nooi SA vir beleggings

President Cyril Ramaphosa, is deur die Eerste Minister van Ethiopië genooi om in sy land te kom belê waar ’n realistiese groeikoers gehandhaaf word.

Premier Abiy Ahmed het besoek afgelê by die ANC se president in die Uniegebou, Pretoria, waar samesprekings gevoer is oor beleggingsmoontlikhede.

Die Eerste Minister het gesê Ethiopië bied uitstekende geleenthede van Suid-Afrikaanse sakelui en met ’n jaarlikse groeikoers van 7% stel die land ’n voorbeeld wat deur Ramaphosa gevolg kan word, het kenners later bygevoeg.

Die Eerste Minister se besoek het egter om ’n ander saak gegaan, en is Ramaphosa gevra om op te tree as bemiddelaar in die ernstige geskil met Egipte oo die massiewe dam wat in die Nylrivier opgerig word.

Die Groot Ethiopiese Renaissance Dam wat in aanbou is, het spanning tussen Ethiopie en Egipte veroorsaak, maar volgens die 2019 Nobelprys wenner wil Ethiopie ’n wen-wen ooreenkoms met Egipte aangaan, en Ramaphosa is gevra om daarmee behulpsaam te wees.