Eskom voorsitter, Mabuza, bedank

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het die naweek bevestig dat die Eskom voorsitter, Jabu Mabuza, sy bedanking ingehandig het.

Die presidensie sê Mabuza het sy verskoning aangebied vir Eskom se onvermoë om sy onderneming van 11 Desember aan die president na te kom.

Volgens die onderneming sou daar geen beurtkrag ingestel word voor 13 Januarie nie, maar het intussen verskeie kere beurtkrag ingestel.

Khusela Diko, die woordvoerder van die presidensie, sê Eskom het ook self uitgewys dat hulle teleurgesteld is omdat die onderneming nie nagekom is nie.

Waarnemers wys daarop dat die beurtkrag vanjaar ’n groot invloed sal hè op die wankelende ekonomie, en kan selfs daartoe lei dat Moody’s ook sy evaluering van die land se situasie kan verander tot rommelstatus.