Eskom steier met kraglewering

Die bankrot kragvoorsiener het nou so vêr gegaan as om sy nood reserwes aan te wend in ’n poging om beurtkrag te ontduik.

Die diesel opwekker eenhede is ingespan om die aansteek van kerse te voorkom, maar die diesel brandstof rekening is reeds meer as 50% oor die entiteit se toelaatbare diesel verbruik volgens sy begroting.

Werkers beweer hulle het Woensdagnag hard gewerk om water te pomp sodat die entiteit Donderdag sou kon verseker dat die beurtkrag vermy word.

Waarnemers reken dit is waarskynlik die eerste tekens van ’n nuwe bries wat deur Eskom waai, want niemand het tot hede veel verantwoordelikheid aanvaar of die kerse moet brand, en wanneer dit gaan verander nie.

Verlede jaar se beurtkrag het Amcor mynhuis sowat R740 miljoen gekos, en dit het ’n direkte invloed op die netto wins wat getoon moet word aan die einde van ’n boekjaar.