Eskom se jongste eise is gekheid

In die hofsaak tussen Eskom en Nersa, is die land op die drumpel vn n massiewe ineenstorting wat elke kragverbruiker ten nouste sal raak.

Eskom eis dat Nersa goedkeuring moet geen om vir 2020 en 2021 elke jaar n verhoging van 16% moet toestaan om “te voorkom” dat die entiteit totaal in duie stort.

Die feit dat Eskom se Raad so arrogant is om sy eie wanbestuur toe te laat, en dan die straf uitdeel onder kragverbruikers, toon dat die ANC regering gyselaar gehou word.

Met sulke drastiese tarief aanpassings sal elke nywerheid in die land sy deure moet sluit, het een nyweraar aan Die Vryburger erken, en bygevoeg dat hy eerder sy goed sal oppak en iewers in die buiteland sy bedryf voortsit.

Waarnemers wys daarop dat die Raad van Eskom besig is om die nuut aangestelde Hoof Uitvoerende Beampte te ignoreer, of moontlik te manipuleer.