Elon Musk se ruimte toetse suksesvol

Nasa sê die jongste toetse was ook die “laaste mylpaal” voor twee van sy ruimtevaarders met Elon Musk se SpaceX in stede van Rusland se Sovuz die ruimte in gestuur gaan word.

Volgens die beplanning sal so ’n kommersiële ruimtereis in 2021 aangepak word noudat Musk die afgelope naweek ’n suksesvolle finale toets afgehandel het.

Die toetse wat in die Amerikaanse staat Florida uitgevoer is, behels ondermeer ook ’n meganisme om die ruimte kapsule te skei van die vuurpyl in geval van ’n noodsituasie terwyl dit die ruimte in beweeg.

Die toets was uiters suksesvol toe die onbemande Falcon 9 vuurpyl lanseer is soos geskeduleer, en slegs ’n enkele minuut later het die Dragon kapsule “ontsnap”, en daarmee sekerheid geskep dat alles goed sal verloop met die 2021 ruimtevaart wat beoog word.

Die kapsule het sowat 44 km in die ruimte, sy valskerms geaktiveer en teruggekeer na Moederaarde sonder enige foutiewe insedent.