Ekonome pessimisties oor wêreld tendense

Twee van FNB se ekonome het duidelik laat blyk dat die jongste gebeure op die wêreld se ekonomies platforms geen positiewe invloed sal meebring van Suid-Afrika nie.

In ’n gesprek het die twee senior ekonome verskeie opmerkings gemaak wat nie die toekomstige finansiële stand in die land se ekonomie gaan bevorder nie.

Hulle is van oordeel dat die uittrede van Brittanje uit die Europese Unie, geen voordeel sal inhou vir SA nie.

Die handelsooreenkoms tussen Amerika en Sjina wat verlede week bereik is, is slegs ’n Fase 1 wat sowat $200 miljard beloop, en wat feitlik geen uitwerking op SA sal toon nie.

Onafhanklike ekonome het aan Die Vryburger gesê die moontlikheid dat SA se invoere na Brittanje kan verhoog na Brexit, mag wel plaasvind, maar dieselfde hoeveelheid uitvoere sal na die Europese Unie verminder na die Verenigde Koninkryk se uittrede as lid van die organisasie.

Benewens die faktore moet ook daarop gelet word dat die wêreld ekonomie aan die afneem is, wat eers na ses maande in SA gevoel sal word.

Tito Mboweni het in ’n toespraak sy kommer oor die Suid-Afrikaanse ekonomie uitgespreek en gesê die immer stygende vraag na salarisverhogings in die openbare sektor, is een van die land se grootste probleme.